Dit is noodsaaklik dat menseregte en die implikasies daarvan begrypbaar aan die regsleek oorgedra word. Die skrywer slaag met My regte! Jou regte? daarin om gemaklik onderhoudend en verstaanbaar te kommunikeer maar om terselftertyd by die kern van die regsvraag ter sprake te bly.