Indien jy op soek is na die jongste navorsing en praktykwerk in Opvoedkundige Sielkunde in Suid-Afrika is hierdie die boek vir jou. Navorsers en praktisyns van sestien Suid-Afrikaanse universiteite het saamgewerk om kort kragtige insiggewende en konstekstueel-relevante hoofstukke aan te bied oor Opvoedkundige Sielkunde.