Die doel van hierdie boek is om `n eerste inleiding tot die sakereg vir `n elementere kursus oor hierdie onderwerp te verskaf. Inleiding tot die Sakereg is spesifiek vir studente in so `n eerste kursus geskryf en daarom is die inhoud beperk tot wat die outeurs as essensieel vir hierdie studente beskou.