Sedert die vorige uitgawe in 2000 verskyn het het heelwat baanbrekende nuwe uitsprake in sowel die gerapporteerde as ongerapporteerde hofverslae hier en elders verskyn waarby estoppel te berde gekom het. Dit moet noodwendig by die huidige uitgawe oorweeg en bespreek word om die klaarblyklike regsontwikkeling te identifiseer.