Sedert die verskyning van hierdie titel in 1985 het dit een van die toonaangewende metodologiehandboeke in die Suid-Afrikaanse tersiere onderwys geword. Dit verskaf 'n inleiding tot die fundamentele begrippe in geesteswetenskaplike navorsing en vul ander boeke oor spesifieke navorsingsmetodes en tegnieke aan.