Vir Willem van Vuuren is sy eerste jaar op hoerskool eerder 'n nagmerrie as die avontuur waarop hy gehoop het. Daar is die vreemde kinders in die kunsklas die rugbyspan waarin probeer vasbyt Saterdae se werk in hulle slaghuis en dan nog die simpel kompetisie waarvoor sy broers hulle pa wil inskryf.