Sy nuwe Nike's tjrr-tjrr by die koshuis se kaal trap af en hy kies koers rugbyveld toe. Gelukkig het hy pouse gesien waar dit is toe die groot seuns skoppe geoefen het. Hy het eenkant staan en wonder hoe dit voel om soos Naas Botha of een die bal te vat en netjies op sy punt neer te sit.