Ons is opgewonde oor die feit dat Fisichem Uitgewers ’n Wiskunde-studiegids vir Graad 9 op die rak het. Die skrywers Katie Muller en Margaret Rossouw is jonk en dinamies en is albei passievol oor Wiskunde. Hierdie susters het grootgeword in ’n huis waar Wiskunde ’n ereplek beklee het en die onderrig van hierdie vak le hulle na aan die hart.