Rot 'n vreemdeling slaan kamp op aan die ander kant van die rivier. Padda se maats is vies - Rot is anders as hulle. Hy hoort nie daar nie. Hulle waarsku vir Padda om weg te bly van hom af want alle rotte is vuil dom en grillerig. Maar Padda besluit om vir Rot beter te leer ken. En wat 'n verrassing!