Hierdie is ‘n drie-in-een boek! (Die dansende hasie; Die strooimeisie & Die feetjiebal). Hanli die hasie is die Afrikaanse vertaling van die gewilde Engelse boek Lettice – waarvan daar al oor ’n miljoen boeke verkoop is. Hanli is ’n vrolike hasie wat saam met haar gesin hoog teen die kruin van ’n heuwel woon.