'n Storie oor liefde en haat; wins en verlies wat hom uitspeel teen die agtergrond van die Namibiese hinterland. In Fahlplatz se opstal groei die spanning tussen pa en seun en tussen man en vrou terwyl daar 'n groter stryd buite woed. As die dood verbytrek kyk die wat agterbly anders na hulle wereld en na mekaar.