Staal Burger – baasspeurder en minnaar van formaat – is altyd onberispelik geklee in 'n aandpak met 'n swart strikdassie lyk asof dit op sy haelwit hemp geverf is. Nie ’n haartjie is uit sy plek uit nie en sy bruingebrande gesig verraai ’n gesonde buitelewe. Suid-Afrika se 007? Watwou!