Hierdie huldigingsbundel is die 17de in die reeks van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns wat literêre kunstenaars huldig wat met die Hertzogprys bekroon is, en wat die Afrikaanse letterkunde oor dekades heen verryk het.
Wilma Stockenström is 'n Suid-Afrikaanse skrywer, vertaler en aktrise. Sy is een van die min skrywers wat 'n Hertzogprys in twee verskillende kategorieë kon wen. Sy het dit in 1977 vir poësie en in 1991 vir fiksie ontvang. Sy woon in Kaapstad en is een van die belangrikste en veelsydigste skrywers in Afrikaans.