Die see is ’n liriese toneelstuk waarin aanvaarding, ontnugtering en hoop stem kry in drie slawevroue wat in die tyd van die VOC as courtisanes vir die bevelvoerder van Die Kasteel opgelei is. Terwyl die kanonvuur op die agtergrond ’n nuwe bestel aankondig, word die gehoor as ’t ware saam met dié drie vroue in ’n kerker opgesluit. Die donker omstandighede van die hede word telkens gekontrasteer met die sonnige verlede. Met Die see het Reza de Wet haar kwarteeu in die Suid-Afrikaanse teaterwêreld gevier.