In 1987 tref Jeanne Goosen se kontroversiele en vernuwende novelle Louoond die Afrikaanse prosarakke. Sedertdien lyk die Suid-Afrikaanse samelewing heelwat anders – wat ’n herlees en herwaardering van hierdie “bestekopname” oor vroue se plek in die samelewing juis interessant en relevant maak.