Een aand terwyl Neelsie Vroutjie se hand vashou en hulle die sonsondergang bewonder wonder hy hardop of daar mense op Venus woon. Skaars is hierdie woorde koud of ’n langwerpige ronde geelblink tuig wat soos ’n reusagtige eier lyk daal reg voor hulle neer.