Lillie die heksie is mal oor haar ouma en haar ouma se stories – en sy kan nie wag om weer by Ouma oor te slaap en die hele naweek na sprokies te luister nie. Dan besluit sy om hulle sprokies-kuiertjie met 'n towerkunsie of twee op te kikker … met skreeusnaakse gevolge.