Die geliefde dominee Barend Vos se sketse oor die lewe van 'n predikant en sy gesin in 'n plattelandse gemeente het tot op hede in vyf bundels verskyn. Die sketse verskyn die afgelope tien jaar elke maand in die tydskrif LIG met illustrasies deur Fred Mouton.