In Lendetaal gee Hennie Aucamp sy perspektief op vrae rondom kwessies oor homoerotiek in die kunste en in die letterkunde. Onder die afdeling "Kuns" word daar gekyk na die manlike naakt in fotografie die voorstelling van die jong seun in die kunste en hoe gay kunstenaars die lyntekening in die verkenning van erotiese sones ontgin.