’n Regter bring sy mooi, jong vrou saam na ’n jagplaas om sy laaste trofee te kom skiet. Só word vyf mense saamgegooi vir ’n naweek. Jaloesie, konkelary, wedywering en twis oor grondbesit is aan die orde van die dag – en nóg ’n verhouding wat nooit sy lê kon kry nie. ’n Misterieuse bok maak sy verskyning en iewers van bo af hou ’n onsigbare oog die gebeure dop. Meteens raak die verlede deel van die hede. Nie almal op die plaas weet van die vloek wat oor die grond hang nie. Die omgewing word ’n medespeler wat jare se intrige op die spits dryf.