Stoffel Gieljam is 'n man met 'n grief en sy grief is van so 'n aard dat hy hom nou maar tot die boekewereld wend in 'n poging om sy saak te lug met sy neef Neelsie wat omsien na dinge soos spelling en ander sulke mode goed. En Neelsie help nou maar want hy skuld sy oom 'n sommetjie geld.