Hierdie bundel het nie verniet die subtitel "'n Reisjoernaal" nie want hier word poeties verslag gedoen van 'n reis na Europa. Byna soos in 'n dagboek word die voorbereidings die heen- en terugvlugte die besoek aan vier lande en die afloop van die reis aan die leser voorgehou.