Met die uitbreek van die burgeroorlog in 1975 in Angola het die laaste van die handjievol Afrikaners wat met die Dorslandtrek uit Suid-Afrika uitgewyk het uit Angola gevlug – en het die verbintenis van die Angola-Boere met Angola na byna ’n eeu tot ’n einde gekom.