Kinders is versot op Zackie se skreeusnaakse avonture! Of hy nou kulkunsies doen spoke jag of 'n plan moet maak om uit die skoolkonsert te kom - waar Zackie is is daar altyd hope pret en kattekwaad. Vir die eerste keer verskyn vyf Zackie-avonture saam in een briljante bekostigbare omnibus.