Toe luitenant Roelf Bester die wiskunde-onnie Tron Marais byna katswink slaan het hy geweet daar kom moeilikheid...Wat hy nie geweet het nie is dat die moeilikheid 'n verhoging en 'n verplasing sou insluit. Skielik is hy nou kaptein Bester bevelvoerder van die piepklein polisiestasie op Woudfontein naby Knysna.