In hierdie boek gee Chris van der Merwe aan die leser leidrade om die misterie van die goddelike liefde beter te kan verstaan. Hy maak gebruik van sy opleiding en ervaring as teksontleder om ses perspektiewe op die liefde naamlik geloof hoop geregtigheid nederigheid waarheid en vreugde te ondersoek.