Dit mag dalk Louis se heel mooiste bundel tot nou toe wees. In hierdie bundel word verskillende vorms van water en die verband wat water met die mens het verken: die see riviere mis wolke ys wasem. Water is nie alleen die voorwaarde vir die bestaan van lewe nie dit is die oerbron waaruit lewe ontwikkel het.