Leopold Scholtz het van kleins af belang gestel in die Boereoorlog. Een vraag het hom egter altyd gefassineer: as die Boere dan so dapper was so goed geveg het en die âRooinekkeâ so dikwels op hulle baadjies gegee het hoe het dit dan gekom dat hulle die oorlog verloor het?