Waar die doringbome sing is die finale boek in Elize Parker se Laeveld-drieluik en word voorafgegaan deur die topverkopers Stil vloei die Komati (2021) en Wanneer skaduwees kantel (2023). Hierdie boeiende reeks gaan oor drie niggies; Lenore; Bella en Tarien; en spreek ook omgewingskwessies aan.