Met haar aankoms by Noordeberg Hospitaal is Lola Anley opgewonde om aangewys te word as een van die top- mediese studente wat blyplek in die gesogte Straumann Huis kry. Maar dan vind sy uit sy bly in die kamer van n student wat vermoor is. In die Straumann Huis begin vreemde dinge gebeur. En dan keer die ontstellende drome oor haar tweelingsuster terug . . . Om al die spoke ter ruste te lê móét sy Asher Parker se moord oplos snder dat iemand die waarheid oor haar verlede ontdek.