Vyfmylpaal is ’n tydige publikasie en bevat vyf van sy suksesvolste Afrikaanse dramas. Opperman is reeds sedert 1984 dramaturg, regisseur en vervaardiger vir teater, film en televisie, en ’n bekende op kunstefeeste en teaters regoor Suid-Afrika. In 1996 stig hy AFDA (The South African School of Motion Picture and Live Performance), ’n unieke tersiêre instelling in Suid-Afrika.