Vuurvas is `n digbundel deur die bekende Carel Anthonissen. Die gedigte gaan oor die onskuld en verwagtinge van `n kind in sy eerste landskap die ontnugtering en vervreemding wat die volwasse bestaan meebring en die uiteindelike aanvaarding en omarming van pyn siekte ouderdom en dood.