Christa Swanepoel en Vrouekeur bied 50 splinternuwe breipatrone in een boek opgedeel in 5 temas: Babas Meisies Seuns Mans en Troeteldiere. Die moeilikheidsgraad van die patrone en tegnieke wat gebruik word wissel so die boek is ideaal vir beginners asook brei-entoesiaste met meer gevorderde vaardighede.