Voetligte en applous! is die geskiedenis van die pioniers van die Afrikaanse beroepstoneel. Dis ’n onderhoudende verhaal vol vermaaklike staaltjies oor saamgeflanste verhoe en dowwe voetligte geleende rekwisiete huilende babas in gehore en die onvoorspelbare “optredes” van kinders en diere.