Om speurder te speel was nie deel van Andine se vakansieplanne nie. As sy geweet het van die skrikwekkende ervaring wat vir haar en haar boetie voorle het sy Jam oortuig om hulle liewer huis toe te neem. Wie sou kon raai dat haar pad met die van boewe en n sangoma sou kruis?