Sampie en Irma de Klerk was die wenners van Huisgenoot se liefdesverhaalkompetisie ter viering van die tydskrif se 100ste bestaansjaar. Hul eg Suid-Afrikaanse verhaal van struikelblokke en onwaarskynlike liefde was ook die inspirasie vir hierdie roman propvol humor deernis en ja romanse. Die gelyknamige eeufeesfliek word einde 2016 vrygestel.