Die woord weduwee is n verdrietige woord, n toestand waarmee sy haarself met moeite vereenselwig. Maar hier waar Cato in die vliegtuig sit, is dit ongelukkig haar werklikheid. Haar man is dood, n skamele drie jaar ná hul troue. Op Stellenbosch wag haar ondersteuningsnetwerk en moet sy die Big Pink-teaterrestaurant oorneem. Maar iewers tussen die tyding van die motorongeluk, die blyke van waardering, die roudiens en die werklikheid van n leë plek langs haar in die bed, het haarself verloor.