Jakes Botha dink hy het sy grootwordjare op Verwoerdburg uit sy gestel geskryf. Hy lei immers 'n goeie lewe met die spieel van die Middellandse See voor sy skryftafel in Monaco uitgestrek. Maar hoekom kan hy nie weer aan die skryf kom nie? En waarom pla gedagtes aan sy eertydse klasmaats hom steeds?