Vanjaar word Versindaba vir die sesde keer aangebied tans in samewerking met die Woordfees van die Universiteit van Stellenbosch. Dit is 'n ware fees van gedigte voorlesings toonsettings en gesprekke en die bloemlesing wat daarmee saam verskyn bied graag iets van die plesier van die Afrikaanse poesie.