Ons vind uit dat 'n Boesman nie graag aan vreemdelinge uitwys waar watergate in die woestyn is nie en dat hy hom kan vermom soos 'n volstruis om wild te bekruip. Wanneer ’n Boesman in die veld seerkry en hy wil he iemand moet hom sien gooi hy stof in die lug.