Jo is haar lewe lank al aan die vlug: Van haar familie en die plaas; van die land se beklemmende politiek; van haar eie seksualiteit. Haar expat-lewe in die VSA hink voort na haar kleuterseun se dood. Maar wanneer ook haar man sterf moet Jo - bewapen met haar lesbiese tannie Christine se vroualleen-plaasdagboekes - in die Karoo tot self kom.