Op 'n dag staan Gert Afrika met die kleuter op sy arm voor die agterdeur van die gegoede blanke boer. En so word die driejarige Mina Afrika die aanneemkind van die kinderlose Erik en Sara de Graaff. Hulle wil haar graag 'n kans in die lewe gee haar fyn opvoed. Hier is Mina se storie die suksesvolle debuutroman van Zuretha Roos.