Speurder Ella Neser stel ondersoek in nadat vier voete in 'n Checkers-sak gevind word. Lou Pepler eks-polisieman nou sekuriteitskonsultant glo dit mag verband hou met ân saak wat hy twintig jaar gelede ondersoek het â die verdwyning van Billy Katz rykmanseun en rokjagter.