Hoe moet dit voel om vir maande selfs jare van jou familie geskei te wees en geen idee te he of jy jou plaas en jou land ooit weer sal sien nie? Dit was die lot van duisende Vrystaatse en Transvaalse burgers wat gedurende die Anglo-Boereoorlog krygsgevange geneem is.