Wanneer oom Fanie 'n pa van nege lewenslustige seuns se plaas te klein word gee hy die opdrag: Uitspring kerels!. Vir die ouer broers wat moet uitspring en hul eie potjie moet gaan krap is hierdie woorde die begin van 'n groot avontuur. Maar om uit te spring is nie vir sommerso nie. Waar gaan die seuns plase kry?