Die digteres Wilma Stockenström het reeds aansienlike lof ingeoes vir haar poësie. Uitdraai is haar eerste roman - 'n plaasroman, maar 'n roman wat vandag se lesers sal boei en aangryp. Die hand van iemand wat weet hoe om woorde noukeurig te gebruik, is oral sigbaar. Uitdraai is bepaald 'n baie belangrike toevoeging tot die Afrikaanse romanliteratuur.