Op 16 verlaat Johan Marais die skool om by die polisie aan te sluit. Op 'n vroee ouderdom word hy reeds blootgestel aan geweld lyke en 'n rits polisievergrype. Maar as avontuurlustige jong man sluit hy in die laat sewentigerjare by Koevoet aan op soek na meer aksie.