Die vroulike hoofkarakter Gretl se ouma was 'n Jodin wat met 'n Duitser getroud is. Haar ma was dus half-Joods en haar pa patrioties Duits. Sy en haar suster is slegs 25% Joods maar in Nazi-Duitsland is Jode in 1944 na Auschwitz gestuur - selfs in die derde en die vierde geslag.