Hierdie roman is 'n vervolg op T'sats se wraak (1996) maar ook 'n onafhanklike verhaal. Soos in Kotze se vorige nege vorige werke word die Kalahari en sy inwoners met soveel kennis en insig geskets dat dit as 't ware vir die leser 'n werklikheid word en hoewel dit in die eerste plek fiksie is is dit ryk aan kultuurhistoriese inligting.