Die bundel wat in P.J. Philander se nege-en-tagtigste jaar verskyn het is geskryf terwyl hy in New York gewoon het. Ten spyte van die afstand tussen die digter en sy geboorteland spreek die gedigte in die bundel steeds van 'n intieme verbintenis tussen hom en sy land van herkoms.